Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Poësie, ballet en klassieke musiek by Cultivaria

Poësie, ballet en klassieke musiek by Cultivaria
 
2006-08-10


Mozart Requiem uitgevoer

DIE Mozart Requiem word Sondag 24 September om 19:00 in die stadsaal uitgevoer ter nagedagtenis van tenoor Deon van der Walt.

Die dirigent is Louis van der Watt en die Stadskoor Tygerberg, Canticum Novum en die Universiteit Stellenbosch Simfonie-orkes sal optree.

Die eienaardige verhaal word vertel dat Mozart in Augustus 1791 ’n “geheimsinnige besoeker”, geklee in grys, ontvang het wat namens ’n naamlose hoogwaardigheids-bekleër ’n Requiem aangevra het vir sy gestorwe vrou.

Die vergoeding was rojaal met dié voorwaarde dat die bron vir die opdrag ’n geheim bly.

Na Mozart se dood het dit bekend geraak dat dit Graaf Von Walsegg was, bekend daarvoor dat hy ander komponiste se werke gekopieer en as sy eie gepubliseer het.

Die Graaf het die titel Requiem composto del Conte Walsegg daaraan gegee.

Mozart, reeds ernstig siek, het aan sy vrou erken dat hy die gevoel het dat hy besig is met dié Requiem vir sy eie begrafnis.

Hy het dadelik met alle aandag daaraan begin skryf, maar is op 5 Desember oorlede voordat die werk voltooi is.

Hy was behep met die idee dat hy vergiftig is.

Mozart het slegs die eerste deel (Requiem aeternam) en die Kyrie voltooi, asook die vokale dele, die besyferde bas, die meeste van die vioolpartye en fragmente van ander stempartye, asook agt mate van die Lacrimosa.

Van die Sanctus, Benedictus en Agnus Dei was nog slegs die sketse klaar.

Sy weduwee, Constanze, was bang dat hy die vergoeding wat hy reeds ontvang het, sou verbeur en het gereël dat Sussmayr, sy leerling, die werk voltooi.



Swing Time at the Ballet

THE exciting SwingTime at the Ballet will be performed at La Rochelle (Bokomo Hall) on Friday 22 September at 19:00.
Sean Bovim showcases the diverse talent of the Cape Town City Ballet dancers by incorporating varied dance styles such as tap, jazz and big band show dancing.

Bovim takes the audience on a nostalgic journey through music and dance by using both instrumentals and vocals from artists such as Cole Porter, Frank Sinatra and Nat King Cole.

Bovim has showcased the dancers in styles best suited to their dance technique and personality.

SwingTime at the Ballet includes the entire company, everyone dressed by fashion designer, Gavin Rajah.



Hunchback of Notre Dame met orrel

DIE Hunchback of Notre Dame (stilfilm met lewende orrelklankbaan) word Vrydag 22 September om 20:30 en Saterdag 23 September om 20:30 in die Toringkerk uitgevoer.

Terwyl die swart-en-wit stilfilm van 1923 gewys word, improviseer Zorada Temmingh ’n aangrypende klankbaan op die orrel.

Met die produksie se première by Aardklop 2005 was dit ’n eerste in Suid-Afrika.

Die film speel af teen die einde van die Middeleeue en handel oor die dowe, halfblinde boggelrug, Quasimodo, wat sy lewe opoffer om sy geliefde Esmeralda te red van die bose Jehan, en haar te verenig met haar held, Phoebus.

Vir elke karakter en situasie in die film het Zorada ’n leitmotiv geskep, wat gehoor word sodra die karakter verskyn.

So is daar die gewyde Notre Dame-tema, die sensuele sigeunertema, Esmeralda se dansende walswysie, Quasimodo se dissonante motief teen die dowwe klokke, Phoebus se fanfare, Jehan se sinistere motief, die wriemelende opstandtema (wanneer die sigeuners in opstand kom teen die aristokrasie), Quasimodo se meesleurende oorwinningstema, die heroïese kavaliertema, en die hartverskeurende liefdestema.

Die temas word in verskillende gedaantes gehoor soos wat die drama ontvou; sommiges word ook saam gehoor om die interaksie tussen spesifieke karakters in te klee. Die kleur-, toonhoogte- en volume-omvang van die orrel word tot die uiterste ingespan om reg te laat geskied aan die pakkende emosie in die film.

Kom beleef ’n ervaring wat u nie gou sal vergeet nie.



Kevin Leo and the Sweet Voice Masters

THE international award winning tenor, Kevin Leo, is performing live at the Cultivaria arts Festival, on Saturday 23 September at 14:30 in the Paarl town hall.

His show is incorporating the very talented and acclaimed black ensemble “The Sweet Voice Masters” and special guest artists Ingrid van Zweel (soprano), Mathys Maree (piano) and Mauritz Lotz (guitar).

This “not to be missed” show is sure to be to the exhilaration of young and the-not-so-young, with their modern and musically fantastic approach to Songs and Opera arias like Singt dem grosse Bassa Lieder (Mozart), La Donna e mobile (Verdi), Vu Pensiero (Verdi), Pearlfishers duet (Bizet), Prayer in the Night (Handel), Flower Song (Bizet), Vesti la Giubba (Leon Cavallo), O mio babbino caro (Puccini), Brindisi (Verdi), Chianti Wein, You raise me up, Amigos Para Siemre and many more!

Book now for this star-packed performance that is sure to be sold out very soon.



Klipwerk is komies en tragies

KLIPWERK is in opdrag van die Universiteit Johannesburg vir die NP van Wyk Louw gedenklesing aangevra en ingestudeer.

Dit is op Saterdag 23 September om 16:00 in die Paarl Polisiekollege (Boland Kelder Ouditorium) te sien.

Ter viering van NP van Wyk Louw se 100ste verjaardag word hierdie produksie aan hom as ons grootste skrywer/digter opgedra.

In ’n taal van kosbare erfgoed en plattelandse segging speel ’n verhaal binne die gedig Klipwerk af.

Sommige strofes word gesing, ander gepraat of mimiek. By die dooi fontein “ontwaak” geeste ook die storie van ouma, oupa Hakbeen, kind en klong te vertel. Dis tegelyk vrolik en hartseer, komies en tragies.

Die kunstenaars wat optree, is Hanlie Stapela (sopraan en gevierde operasangeres), Denver Smith (operasanger, bariton), Coert Grobbelaar (operasanger, bariton), Magda van Biljon (gevierde televisie-persoonlikheid en sangeres), Anneke Lamont (pianis) en Heidi Edeling (musiekregisseur asook sangeres).


Bespreek kaartjies by die kantoor (Oude Paarl Hotel), www.cultivaria.com of 872-9754.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za