Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'n Party soos min

'n Party soos min
 
2005-03-04


'n WELLINGTONSE seun, Edward April, het op 20 Februarie sy twaalfde verjaardag gevier met sy familie en vriende in die Tygerberg Hospitaal.

Edward, wat Yi aan beenmurg-versaking, se toestand het verswak nadat hy waterpokkies ontwikkel het, asook 'n hoë koors. Hy benodig dringend 'n beenmurgoorplanting.

Hoewel hy nie gesond voel nie, was sy verjaardag vir hom baie lekker, veral die geskenke wat hy ontvang het.

Die partytjie was gereël deur Valley Chefs, Mario Williams van Kasbell Apteek, La Romantica en Drakenstein Begrafnisdienste. Die Paarl-Oos Polisie was ook regdeur die reëlings byderhand indien daar onkostes was.

"Ek hou baie van lees en die boek wat ek geskenk ontvang het, `Maak my anders Here' gaan ek baie geniet. Ek weet mos Liewe Jesus sal my gesond maak", sê Edward.

Sy ander geskenke, 'n horlosie en speletjietoestel, is reg vir die dae wat hy in die hospitaal behandel moet word.

Onlangs was Edward saam met vier mede-pasiëntjies en verpleegsters na Grand West Casino, en het dit gate uit geniet.

"Edward vra gereeld uit na 'n skenker vir hom en daarom moedig ons die publiek aan om hulself te laat toets en so uit te vind of hulle dalk geskikte kandidate is nie," sê André.

André gaan hom ook eersdaags as skenker laat registreer. Kontak hom vir navrae by 073-293-9787.

Daar word binnekort 'n Edward April Trustfonds gestig, maar voorlopig kan skenkings gedeponeer word in die Paarl Hospitaalraad se Absa tjekrekeningnommer 400400105 (takkode 632005). Skenkings moet gemerk word "Beenmurgfonds".

* A Paarl boy in need of a bone marrow transplant has celebrated his 12th birthday in hospital



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za