Depressiegroep byeen
2006-08-10
DIE volgende byeenkoms van die depressie- en angsondersteuningsgroep vind Maandag plaas in die opleidingslokaal van die Paarl Medi-Clinic.
Die byeenkoms sal om 19:00 begin.
Tydens die byeenkoms sal die onderwerp bespreek word rakende die “uitdaging verbonde aan depressie onder jong volwassenes”.
Die doel van die groep is om ondersteuning te bied aan personeel van alle ouderdomsgroepe wat depressie en angs ervaar, persone in hul herstelfase of gesinslede wat ondersteuning bied.
Jong volwassenes, ouers en belangstellendes word genooi na die geleentheid en bywoning is gratis.
Daar sal spesifiek gefokus word op die vestiging van ’n gebalanseerde leefstyl vir jong volwassenes.
Die ondersteuningsgroep word gefasiliteer deur Christo Visser, Sonja Labuschagne en Adéle Brink.
Vir meer besonderhede kan die praktyk gekontak by 872-7466.
Navrae en besprekings kan ook gedoen word om hierdie onderwerp met spesifieke teikengroepe te hanteer in werkwinkelformaat.
More
News
|