Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jeugsorgsentrum amptelik geopen

Jeugsorgsentrum amptelik geopen
 
2006-08-10


DIE Wellington Jeugsorgsentrum is Vrydag amptelik geopen deur dr Matthi Theron, direkteur vir Spesiale Onderwys Ondersteuningsdienste.

Hy het gesê dit is vir hom simbolies van die nuwe geleenthede wat vir leerders oopgaan by dié sentrum.

Die sentrum is reeds in 1966 opgerig as ’n nywerheidskool vir meisies.

In 1992 het die naam verander na Val du Charon en aan die einde van 2000 het dit ’n jeugsorg- en onderwyssentrum geword.

Op die oomblik word 66 seuns en meisies van alle bevolkingsgroepe daar gehuisves.

Leerders word na die sentrum verwys ná ’n maatskaplikewerk verslag aan die hof, of ’n verwysing van die Obos-kantoor.

Onder die Wet op Kindersorg bly hulle vir twee jaar by die sentrum.
Sedert 2001 is na meer as 400 leerders in die program se fisiese, psigiese, sosiale, religieuse en mediese behoeftes omgesien.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za