Lyke gevind
2005-04-21
DIE Franschhoek polisie het die liggaam van ’n onbekende man in ’n sloot water in Fabriekstraat op die dorp gekry.
Die liggaam het vermoedelik ’n paar maande daar gelê en nie die persoon óf sy klere is herkenbaar nie. Die man is sowat 1,5m lank.
Navrae kan gerig word aan insp May-Louise Dyers, 876-8060.
* Donderdag 7 April om 04:30 is ’n liggaam by Triangle Park in Huguenot, Paarl, ontdek.
Die man het vermoedelik onder ’n trein gesterf. Hy het die woord ‘Panga’ op sy linkerarm getatoeëer.
Speur-insp Hennie Williams (807-4000) ondersoek.
* Op 4 Desember is ’n liggaam onder die Oos-Boschstraatbrug in Noorder-Paarl ontdek.
Die man is waarskynlik ook deur ’n trein raakgery. Hy was geklee in ’n wit langbroek, geel hemp en blou oorpak.
* Op 26 Januarie is ’n geraamte op die plaas Palmietvallei in Klein Drakenstein ontdek. ’n Onderbroekie dui daarop dat dit ’n vrou kon wees wat daar gesterf het. Geen ander inligting is beskikbaar nie. Kontak konst Philip Telle (807-4000) met inligting.
More
News
|