Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sekuriteit pla by Interskole

Sekuriteit pla by Interskole
 
2006-08-10


HIERMEE wil ek graag my misnoeë kennis gee met die absolute wrang smaak wat die sekuriteitsmaatskappy by vanjaar se interskole in die mond van vele toeskouers gelaat het.

Hierdie interskole het alles gehad wat die resep nodig het om volmaak te bak! Goeie weer, goeie spanne, pragtige kinders en geen oproerige skare. Toe kom die sekuriteitsmaatskappy in beheer van die dag en kom bederf alles.

Ek is een van die eerste mense wat glo aan dissipline en reëls, maar wat darem te erg is is te erg.Vir 25 jaar sit ek nou al op die fietsry-pawiljoen agter die pale. LW nie voor een van die pawiljoene nie.

Getroue ondersteuner is ek wel, want ek kyk alle wedstryde, op my eie en sonder ingesmokkelde drank. Die rugby was net mooi aan die gang toe die manne toeslaan. Ons mag nie staan en kyk nie... ons moet sit en dit met geen toeskouers agter ons nie.

Gelukkig sien hulle later hulle is belaglik en laat die reeds gefrustreerde toeskouers met rus. So het ons gehoop.

Soos die stadion vol raak, stroom die mense in en toe word ons weer soos skoolkinders beveel om agter die rooilyn te sit. (die lyn is in die middel van die baan as teken vir fietsryers). Male sonder tal het hulle mense die harnas ingejaag met hulle bevele. Die rede was dat die ambulans moet kan uitkom in geval van nood.

Hoekom dan nie ‘n vasgestelde pad vir die ambulans afsper vóór die tyd en dan kan die mense die res van die spasie gebruik. Die toeskouers is ook egter opgevoede mense en sal in ‘n noodsituasie in elk geval nie die pad blokkeer nie.

‘n Toeskouer langs my het opgemerk dat hy sedert 1961 nog nie sulke dinge gesien het nie. Ons het tog maar elke keer vererg gehoor gegee aan die amptenare.

Toe net voor die hoofwedstryd sien hulle dat hulle verkeerd is of miskien het hulle beheer verloor. Toe kan die mense sit en staan waar hulle wil net soos in die verlede. Toe kon ons Interskole geniet.

Nou hoekom het hulle ons vanaf 12:00 tot 15:30 soos kinders en skape behandel as hulle op die ou end niks reggekry het nie.

Miskien het hulle net die organiseerders se opdragte uitgevoer, maar dan wil ek net vir hulle (die organiseerders) vra of hulle al ooit hul VIP omgewing verlaat het om ook in die son op klipharde sement te sit.

Hoekom moet hulle dit nog verder ontsier deur dit vir die toeskouers moeilik te maak. Onderskat hulle die toeskouers wat interskole bywoon se integriteit of het die sekuriteitsfirma net heeltemal verkeerd opgetree?

Ek hoop van volgende jaar sal dinge weer “normaal” wees. Hierdie wedstryd is nie ‘n Boland-klubwedstryd nie. Ons kan ons gedra!

JR



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za