Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Klok tik vir Drakenstein se inwoners

Klok tik vir Drakenstein se inwoners
 
2006-08-10


IN verlede week se Paarl Post reageer die munisipaliteit op ‘n klagte oor raadslede se verhoogde salarisse. Die indruk word geskep dat deeltydse raadslede bevoordeel word en voltydse raadslede benadeel word.

Dit is nie so nie. Die bruto maksimum vergoeding van R135 000 per jaar van deeltydse raadslede is aan die groot klok gehang, terwyl die astronomiese salarisse van voltydse raadslede verswyg is.

Voltydse raadslede gaan nou ongeveer R332 000 per jaar verdien, en die Burgemeester ongeveer R439 000 per jaar.

Die DA het skriftelik beswaar aangeteken teen die feit dat voltydse raadslede op die maksimum toelaatbare skaal vergoeding ontvang.

Deeltydse raadslede werk eintlik harder as die voltydse raadslede, want hulle is 24 uur per dag sewe dae van die week beskikbaar vir hul kiesers, afgesien van die feit dat almal honderde bladsye se agendas elke twee weke moet deurwerk.

Daarenteen is voltydse raadslede veronderstel om van agt tot vyf op kantoor te wees, maar probeer hulle maar gerus in die hande kry.

Verder het hulle hul eie ondersteunende personeel teen groot salarisse aangestel om hulle werk te doen. Hierdie salarisse word ook deur die kiesers van Drakenstein betaal.

Die burgemeester se groot salaris verleen ook skynbaar wye diskresie, soos die vrye hand met die oorskryding van die Jeugdagvieringe se begroting waar die begrote R50 000 uit die “nation building” begrotingspos na haar eie diskressie met ‘n verdere R138 000 oorskry is (spyseniering R40 000, musiekgroep van Kaapstad R35 000).

Hierdie oorskryding moet nou uit sogenaamde “besparings” op die begroting uit ander begrotingsposte betaal word, terwyl besparings op die begroting eintlik aan die mense van Drakenstein behoort.

Daar is ook bewerings dat die Speaker ‘n persoon in sy ondersteunende personeel aangestel het wat voorheen ‘n polisieman was en wat tien jaar gelede 18 maande tronkstraf gekry het vir skaapdiefstal.

‘n Mens wonder of sodanige aanstellings in die belang van die mense van Drakenstein is.

Vermorsing van geld het natuurlik ‘n rimpeleffek op die belastings wat gehef word, en Drakensteiners pluk nou die vrugte met verhoogde munisipale belasting soos blyk uit rekenings hierdie maand ontvang. ‘n Plaas in die omgewing se belasting is met 225% op.

Met sulke stygings sal ekonomies aktiewe mense oor twintig jaar, wanneer hulle aftree, nie meer hul afbetaalde huise kan bekostig nie. Om nie te praat van die verknorsing waarin pensionarisse tans verkeer nie.

Die ANC se meul draai stadig en hulle is besig met ‘n langtermyn-onteieningsproses. Raak wakker Drakenstein! Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer - tik tok tik tok.

Deetlefs du Toit
DA Raadslid



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za