Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verskeie vroue aangeval

Verskeie vroue aangeval
 
2006-08-10


VERSKEIE verkragtingsake is die afgelope naweek in die Drakenstein-gebied aangemeld.

Vrydagaand is ’n twintigjarige vrou verkrag nadat sy by twee vriendinne in ’n huis op die plaas Salomonsvlei gekuier het.

Sy was onderweg huis toe op die Lustiganpad toe sy deur twee mans aangeval is. Hulle het vir haar met messe gedreig, waarna sy verkrag is.

Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Dieselfde aand het ’n negentienjarige meisie en ’n man om 02:30 naby Vredenburg-plaas in Hoofstraat gestap. Die man het haar na bewering gegryp, tussen wingerde gesleep en verkrag.

Sondagoggend om 03:30 is ’n twintigjarige vrou met ’n mes in die rug gesteek voordat sy verkrag is.

Die jong vrou het in haar bed tuis in Chicago, Paarl-Oos, gelê en lees toe ’n man in haar kamer ingebars het.

Haar pa het wakker geskrik van haar gille en die man agternagesit.
Callin Roland (23) is in hegtenis geneem en het vandeesweek in die hof verskyn.

Nog ’n vrou is verkrag toe sy Sondagaand saam met twee mans by Lanquedoc gestap het.

Die mans het vir haar in die bosse ingesleep en verkrag. Niemand is in hegtenis geneem nie.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat vrouens uiters versigtig moet wees wanneer hulle in afgesonderde gebiede stap, veral ná donker.

* A number of women were attacked in separate incidents over the weekend.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za