Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest tem Standards

Hillcrest tem Standards
 
2006-08-10


DIE eerste span van Hillcrest United het Saterdag sy posisie bo-aan die ligapunteleer versterk toe hy vir Young Standards van Citrusdal 29-18 geklop het.

Hillcrest het op Pelikaanpark vyf keer agter die doellyn gaan kuier, met Randall Morrison (2, flank), Adrian Swarts (flank), Jerome Coetzee (skrumskakel) en Adam Arendse (agsteman) wat druk.
Garth Abrahams (losskakel) was in die kol met twee doelskoppe.

Hillcrest is tans die voorloper in die Presidentsliga: Weskus met 56 punte.

Die klub het gister teen Velddrif kragte gemeet wat tans in die tweede posisie op die punteleer lê.

Hillcrest speel Saterdag in hul derby-wedstryd teen Evergreens (Paarl) op Pelikaanpark. Die junior wedstryde begin al die oggend met twee Ou Krokke-spanne wat ook in aksie sal wees. Die hoofwedstryd word om 16:00 gespeel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za