Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dwelms in visier

Dwelms in visier
 
2005-04-21


’n REUSE-SLAG is deur polisie op Wellington geslaan toe mandrax-tablette met ’n straatwaarde van meer as ’n kwartmiljoen rand ontdek is.

Beslag is op die 6 000 tablette gelê te Amandelstraat 5, die woning van die suster van ’n vermeende dwelmsmokkelaar van Jardinestraat, Wellington.

Lede van die Georganiseerde Misdaadeenheid van die polisie ondersoek die saak verder.

Dwelmhuise was verlede week weer in die visier van polisie op Wellington en Mbekweni.

In die New Rest woonbuurt is daar op meer as 100 pakke dagga en 150 daggastoppe beslag gelê in Khalenistraat 7 en 9, Msobomvustraat 93, Mpumelelostraat en Ikhwezistraat 18.

Daar is ook op dagga afgekom toe polisie die Wellington Jeugsorgsentrum en wonings in Hoogstraat, Kardinaalstraat en Montaguestraat 3 in Vanwyksvlei besoek het.

By Mthonjenistraat 9 in New Rest is mandrax-tablette en stoppe dagga ontdek.

Ander gebiede waar Sondag dwelms gekry is, is die informele woonareas van OR en langs Drommedarisstraat, Mbekweni.
Verdagtes met dwelms is in hegtenis geneem.

* Police confiscate more than R250 000 worth of dagga in the Wellington area.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za