Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel ruk Brakke in die bek

Pniel ruk Brakke in die bek
 
2006-08-10


TOESKOUERS is Saterdag op aanskoulike klubrugby getrakteer toe Pniel Villagers op sy tuisveld vir Brackenfell 36-8 geklop het.

Die manne van Pniel het rustyd 10-8 voorgeloop, maar, ná ’n skietstilstand van 15 minute losgebars en vier puik drieë gedruk danksy sprankelend hardloop-rugby.

Die tuisspan se voorspelers het met harde dryfspel en die opbou van goeie fase-spel, geleidelik die oorhand oor die Brakke gekry.

Dit het die Pniel-agterlyn in staat gestel om van die voorvoet te speel, die bal lug te gee en na die punte te laat loop waar die twee spoedvrate, Gavin Petersen en Earl Scheepers, netjies afgerond het.

Morgan Williams, die plaasvervanger-losskakkel, het na ’n lang afwesigheid sy terugkeer tot die eerste span, met ’n afgeronde vertoning gevier. Williams het die agterlyn klokslag seepglad weggestuur.

Die tuisspan se drieë is deur Earl Scheepers (2), Gavin Petersen, Lee Baine, Claude Voss en Manwill Hoffman gedruk.

Williams (2) en Stefanus Cedras het met doelskoppe geslaag.
Pniel Villagers speel Saterdag weg teen Valsbaai.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za