Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Riverstones, Violets spog met seges

Riverstones, Violets spog met seges
 
2006-08-10


DIE rugbyspan van Riverstones het Saterdag vir Peninsula ’n behoorlike rugbyles geleer toe hy dié span 31-12 kafgedraf het.

Die Paarliete het in die proses vyf keer agter die doellyn gaan kuier.

Goeie dryf- en maalbewegings het verskeie geleenthede geskep vir aanvalle uit gebroke spel.

Dié span het dus met groot sukses oor die voordeellyn gekom en hul teenstanders voortdurend onder druk geplaas in hul eie gebied.

Riverstones se drieë is deur Hilton Green (2, slot), John Adams (haker), Neil Fortuin (senter) en Bradley Sias (senter) gedruk.
Cheslyn du Bruyn en Wilton van Neel (2) was in die kol met doelskoppe.

Riverstones se tweede span het ’n selfs groter sege behaal en sy teenstander 75-0 vernietig.

Peninsula se derde span het nie opgedaag nie en dus vir Riverstones III ’n maklike vyf punte besorg.

Riverstones het Saterdag ’n loslootjie en speel volgende week weg op Stellenbosch teen Raithby.

* Die eerste span van Violets Rugbyklub het Saterdag weer gespeel soos die Violets van ouds.

Dié Paarl-span se 36-7 sege oor Titans het ses drieë ingesluit.
Die vyftiental van die Titans was groot en sterk en het met ’n fisiese spelpatroon hul stempel op die wedstryd probeer afdruk.

Hulle kon egter nie die pas volhou nie en ná 20 minute het hul gô opgeraak en het die ratser Violets-manne tot hul reg gekom.

Die Paarliete het hierna elke faset van die wedstryd oorheers, met Titans wat geensins hierop kon antwoord nie.

Dorriane Isaacs, Eugene Williams, Edwardo de Jager, Ronaldo Merriman, Branden Anderson en Hilton Anderson het Violets se drieë gedruk.

Timmy Nolan het met drie doelskoppe geslaag.
Violets II en III het ook 33-5 en 36-7 geseëvier.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za