Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions net te sterk vir Belhar

Albions net te sterk vir Belhar
 
2006-08-10


DIE manne van Albions Rugbyklub het Saterdag net genoeg woema gehad om vir Belhar 22-17 ore aan te sit.

Die dag het aan die senter en onderkaptein, Lincoln du Preez, behoort. Du Preez het ’n aandeel gehad in aldrie drieë wat die Paarliete gedruk het.

Hy het by twee geleenthede soos ’n vet-gesmeerde blits deur die Belhar-agterlyn gebreek wat tot drieë deur Newin Dennis (linkervleuel) en Jenovan Cornelissen (flank) gelei het.

Du Preez was ook instrumenteel in die derde drie en was saam met sentermaat Ashley Raubenheimer ’n yster op die verdediging.
Dié vertoning het sy aanwysing as speler van die wedstryd ’n uitgemaakte saak gemaak.

In die lynstane het dinge ook voor die wind verloop met die slotte, Alfredo ‘Hande’ Adams en Roderick Alles wat goed speel. Die stut, Herman Appel, wat ook terug is ná ’n besering, het die Belhar-voorry laat swoeg.

Die losskakel, Dominic Daniels, het sukses behaal met ’n strafdoel en twee doelskoppe
.
Die tweede en derde span het 8-3 en 8-0 verloor.

Die klub het Saterdag dalk ’n loslootjie. Navrae in dié verband, kan aan Stevie Williams (083-451-8967) gerig word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za