Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland hokkievroue maak geskiedenis

Boland hokkievroue maak geskiedenis
 
2006-08-10


DIE Boland vrouehokkiespan het geskiedenis gemaak toe hy Saterdag vir die eerste keer ooit in die eindstryd van die President Beker interprovinsiale toernooi gespeel het.

Dié toernooi is verlede week in Stellenbosch gehou en dit was ook die eerste keer dat Boland die gasheer van dié toernooi was.

Boland moes op die eerste dag twee wedstryde speel en het goed begin deur Oostelike Provinsie (2-0) en Namibië (1-0) te klop.

Daarna het die span twee gelykop uitslae behaal teen Mpumalanga en die Suid-Afrikaanse Platteland A-span (SACD A-span)
Goeie seges oor die Westelike Provinsie, Suidwestelike Distrikte en die SACD B-span het Boland van ’n plek in die eindstryd besorg.

Hul teenstanders in dié hoofwedstryd was die SACD A-span.
Boland het goed begin en binne die eerste tien minute voorgeloop danksy ’n briljante doel, deur Janine Lourens.

Drie minute voor rustyd skiet ’n SACD-speler die gelykmaker agter in die net.

Die telling het gelykop gebly tot en met die laaste kwartier van die wedstryd.

SACD A het ’n fout wat Boland gemaak het uitgebuit en hul tweede doel aangeteken en só die wedstryd beklink.

Die span het Leanne Nel op die eerste dag verloor weens ’n besering, maar die spanbestuurder, Dedri Prinsloo, het haar plek ingeneem en haar goed van haar taak gekwyt.

Die week was ’n groot sukses, die gees regtig goed en die span het die toernooi baie geniet.

Adele Bothma van die Paarl Vrouehokkieklub het haar Nasionaal 4 gradering as skeidsregter tydens dié toernooi ontvang.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za