Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples bring Paarl tot 'n val

Peoples bring Paarl tot 'n val
 
2006-08-10


DIE eerste span van Young Peoples Rugbyklub het Saterdag op Daljosafat Stadion ’n stukkie roem vir homself toegeëien.

Peoples is die eerste span wat dié seisoen vir Paarl Rugbyklub in ’n ligawedstryd kon klop.

Dié 13-12 sege het dus Paarl se onoorwonne status tot ’n einde gebring.

Goeie verdediging deur die Peoples-agterlyn het gekeer dat die Paarl-spelers ’n ritme kon vind.

Daarby het die voorspelers onder leiding van die voorry, Brian Williams, Garth Lewis en Gilbert Solomons, goeie besit vir die snellers verseker.

Die tuisspan het rustyd 7-0 voorgeloop ná ’n drie deur Luantion Abelse en doelskop deur Delwayne Cornelissen.

Paarl se swaarder pak het deurgaans probeer om sy stempel op die wedstryd af te druk, maar kon nie daarin slaag nie.

Cornelissen het in die tweede helfte twee strafdoele by Peoples se totaal gevoeg.

Paarl het in die tweede helfte ’n beter vertoning gegee en twee drieë, deur Eugene Herklaas en Ernest Pietersen gedruk. Die een verbroude doelskop deur Jacques Hendricks het hulle egter in die hek laat duik.

Paarl II en III het 21-13 en 5-0 gewen.

Peoples speel Saterdag weg teen Strand. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Groenheuwel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za