Raak wys oor reg
2006-08-17
KINDERSORG Paarl nooi alle mense, veral skoolgaande kinders, na ’n toneelstuk wat op Donderdag 24 Augustus om 15:00 in die VGK Zions se saal aangebied word.
Die stuk, ‘Raak Wys’, is ontwikkel om die ge-brekkige kennis oor regsprosedures onder verhoorafwagtende jeugdiges aan te spreek.
Daar sal gekyk word na dwelmmisbruik onder jongmense en wat die kriminele gevolge sal wees van sodanige misbruik.
Almal is welkom en die vertoning is gratis. Navrae by W Louw, 862-6182.
More
News
|