Kunskalender
2006-08-17
Shiraz Fest: Paarl Vintners’ wines can be enjoyed with local dishes at the “From Persia to Paarl” festival all day at the Nederburg auction centre on Saturday, with belly dancers and Richard vd Westhuizen as MC.
Boekpraatjies: Tom Dreyer gesels Saterdag om 11:00 in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) met Etienne Bloemhof oor sy nuutste roman “Equatoria”. Woensdag is prof Pieter Kapp om 17:00 daar om ’n lesing te lewer met die titel “Verdeelde vennote - NP Van Wyk Louw en die Akademie”. Bevestig bywoning vóór 18:00 Maandag by 882-9100 bevestig aangesien verversings bedien sal word. Skakel 882-9100 vir meer besonderhede of besoek www.protea boekhuis.co.za.
Kamerkoor: Die Canticum Novum Alumni Kamerkoor tree Saterdag om 20:00 in die Ou Konservatorium, Stellenbosch, op. Solo’s word gelewer deur Randall Thompson (uittreksels uit Requiem), Anton Bruckner (Motette) en Arvo Pärt (Magnificat). Kaartjies (R30) is by die deur beskikbaar.
Step out: Have a laugh and a great time with Pieter Toerien’s Stepping Out at the Theatre on the Bay on Tuesday. Starring in the comedy are Lindy Abromowitz, Chireen Ferreira, Elizabeth Frandsen, Vicky Friedman, Michele Levin, Dawn Lindberg, Slindile Nodangala, Anne Power, Brenda Radloff, Kathy Jo Ross and David Vlok.
Vroue-aand: Vineyard Paarl Swemklub hou ’n “Desperate Housewives” vroue-aand Woensdag om 19:00 by die Duitse saal. ’n Modeparade, mini-behandelings, mode-wenke en nog vele meer. Kaartjies R100 (sluit ete in). Kontak Christa by 072-247-2921 of Elize 082-928-8500.
Barnyard: Die tenore Du Preez Stoltz, Phillip Kotzé en Chris Coetzer tree Saterdag 26 Augustus op by die Barnyard Teater in Groot Drakenstein. Bespreek by Isabel en Marelise by 981-5555/6, Ilse 084-310-2948 of Eileen 083-633-1167.
Hofmeyr: Steve Hofmeyr sing op 24 Oktober om 19:30 in die Polisie Kollege ouditorium in die Paarl ten bate van Laerskool Drakenstein. Kaartjies by Computicket.
More
News
|