Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laurinda en Schalk

Laurinda en Schalk
 
2006-08-17


DIE program ‘Hier langs my’, met Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert, kan Woensdag om 20:00 in die Dorpstraat teaterkafee op Stellenbosch gehoor word.

“Eksoties”. “Magies”. “Sielvol”. Hierdie beskrywings is al sinoniem met Laurinda Hofmeyr se meesleurende vertonings: musiek en poësie wat deur haar briljante toonsettingsvermoë mekaar komplementeer in ’n fyngeweefde balans.

Die program “Hier langs my” bied Laurinda se musiek in gestroopte vorm.

Bygestaan deur slegs Schalk Joubert, haar jarelange musiekvennoot, skep sy ’n wêreld van beelde en emosies wat veral in ’n intieme ruimte tot sy reg kom.

Joubert, bekend vir sy energieke dog sensitiewe spel op die baskitaar, vul Laurinda se klavierspel en sang op vindingryke maniere aan.

Die unieke kwaliteite van hierdie twee vernuwende musikante belowe gehalte musiek wat roer van kop tot toon.

Verwag om getoor te word!

Bespreek by 886-6107.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za