Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Franse orrelis op Wellington

Franse orrelis op Wellington
 
2006-08-17


DIE Franse orrelis, Emmanuel Hocdé, wenner van die Chartres Internasionale Orrelkompetisie 2002 is Dinsdag om 18:30 in die NGK Moedergemeente op Wellington. Die uitvoering duur een uur.

Die Chartres Orrelkompetisie word allerweë as as een van die wêreld se mees vooraanstaande kompetisies beskou.

Nie alleen het Hocdé tydens hierdie gesogte kompetisie die Grande Prize ontvang nie, maar ook die Johann Sebastian Bach-prys is aan hom toegeken.

Alhoewel hy reeds in 1990 aan die Conservatoire National de Région de St Maur des Fossés gegradueer het, waar sy leermeesters die befaamde Gaston Litaize ingesluit het, is hy tans besig om verder in musikologie aan die Sorbonne Universiteit in Parys te studeer.

Hocdé het spesiaal ’n program saamgestel om die veelsydigheid van die orrel in die kerk ten beste ten toon te stel.

Hy speel onder meer die Prelude en Fuga in G mineur van Johannes Brahms (waarin Brahms se bewondering vir JS Bach duidelik waarneembaar is), ’n Studie van Robert Schumann, asook Franz Liszt se grootskaalse Fantasie en Fuga op Ad nos, ad salutarem, een van die vindingrykste en moeilikste werke in die orrelrepertorium.

Kaartjies is by die deur op die aand van die uitvoering beskikbaar. Vir navrae, skakel Johan de Klerk by 873-1283.

Emmanuel Hocdé se uitvoering in Wellington is deel van die landswye toer wat hy tans deur Suid-Afrika onderneem. Vanaand om 19:30 speel hy in die NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen en Sondag om 16:00 in die St George’s Katedraal in Kaapstad.

Navrae by Jeremy Maritz van die Kaapse Orrelgilde, 072-263-9878, of 886-5975 vir besprekings vir Stellenbosch.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za