Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Magnolia dik vir Tik

Magnolia dik vir Tik
 
2006-08-17


DIE gemeenskap van Magnolia, Paarl-Oos, het besluit om ’n gesamentlike optrede te voer teen die duiwel-dwelm, Tik.

Onder die leiding van Yolanda Manuel het hulle vandeesweek daarvoor gesorg dat ’n sinkhok afgebreek word waar Tik glo aanhoudend gebruik word.

Manuel het ’n persoonlike wroeging met dié dwelm, nadat haar broer, Marshall Cupido, glo betrokke geraak het daarmee, en hy sy vrou en kind verlaat het.

Volgens Manuel het Cupido die afgelope week saam met ander dwelmmisbruikers in die hok geleef, “en sy vrou en kind ly daaronder”.

Manuel het gesê dat sy al ’n geruime tyd lank gesien het hoe verskeie families verbrokkel weens Tik, maar toe dit vir haar persoonlik begin raak, het sy besluit tot hier toe en nie verder nie.

“Ons as ’n gemeenskap is nou moeg daarvoor dat ons kinders en geliefdes daagliks aan dié dwelm blootgestel word. Dit vernietig so baie lewens.

“My broer het reeds die huiswinkel wat hy gehad het, moes sluit weens sy dwelmgewoonte. Hy het al die geld wat hy gemaak het uit ge-Tik.

“Nou moet sy vrou en kind op ander mense staatmaak om vir hulle kos op die tafel te sit.”

Manuel het die behuisingkantoor in Paarl-Oos genader om ontslae te raak van die onwettige woning waar sy bewyse het dat “al die onheil” plaasvind.

Die polisie het Dinsdagoggend toegesak en eers die huis en die mense daarin deursoek, voordat munisipale werkers die hok afgebreek het.

Een bewoner, Denver Daniel (29), is in hegtenis geneem vir die besit van dagga. Twee 16-jarige meisies is ook in die hok gevind.

Daar was geen teken van Cupido nie. Manuel het haar voorgeneem dat indien sy hom opspoor, sy hom vir sy eie beswil, en dié van sy gesin, sal stuur vir rehabilitasie.

“Dit is maar net die begin, ons gaan Magnolia skoonmaak van die duiwel-dwelm,” het sy belowe.

* Residents of a Paarl East neighbourhood have seen to the demolition of a shack where drugs like Tik and dagga were abused.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za