Woede dat Matthee trein bestuur het
2006-08-17
’n WOEDENDE Metrorail bestuurder het na bewering ’n konfrontasie met nog ’n bestuurder gehad, nadat dit aan die lig gekom het dat sy aanbeveling verontagsaam is.
In die saak teen treindrywer, Mervyn Matthee (59), wat in die Paarl Streekhof verhoor word, is daar verlede week deur sektorbestuurder Patrick Cyster getuig dat ’n veiligheidsbestuurder, Leon Ackerman, ‘woedend’ was toe hy hoor dat Matthee se naam weer op die dienslys geplaas is, terwyl hy aanbeveel het dat die emosioneel onstabiele Matthee se naam van die lys afgehaal word.
Matthee staar tien aanklagte van strafbare manslag in die gesig, na ’n ongeluk in 2003 toe die trein wat hy bestuur het by Muldersvlei agter in ’n vrag-trein in- geploeg het.
Daar word deur die Staat aangevoer dat Matthee nalatig opgetree het en versuim het om by drie rooi ligte te stop.
Die ongeluk het gebeur ongeveer ’n jaar nadat Matthee se vrou met wie hy 24 jaar getroud was, oorlede is. Hy het gesukkel om haar dood te verwerk en moes sielkundige behandeling ontvang.
Cyster het aan die hof vertel dat ’n ander bestuurder, Johan Kriel, hom beveel het om Matthee weer op die lys terug te plaas.
More
News
|