Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groenheuwel inwoners dreig oor grond

Groenheuwel inwoners dreig oor grond
 
2006-08-17


“AS dit moet, sal ek self die grond gaan beset!”

Dit is die gevoel van Arthur November, voorsitter van die Groenheuwel Polisiesektor, wat gekant is teen die beplande noodkamp wat op die waterblommetjiedamme regoor dié woonbuurt beplan word.

’n Vergadering is Maandagaand by die Groenheuwel Laerskool gehou om ’n voorgenome optog na die munisipale kantore te bespreek.

Dit gaan op Saterdag 2 September plaasvind en ’n memorandum sal oorhandig word om die gemeenskap se besware amptelik te maak.

Die optog sal om 08:00 by Dalweide Laerskool begin.

Intussen het grondwerke vir die behuisingsontwikkeling, vir plakkers langs die treinspoor in Mbekweni, reeds ver gevorder.

Die projek sal bestaan uit gedienste erwe waar begunstigdes hul eie huise kan oprig.

Planne vir die ontwikkeling is gemaak ná die verwoestende brand in die informele nedersetting in Drommedarisstraat aan die begin van 2005. Die 43 hektaar sal huisvesting bied aan sowat 2000 gesinne.

Inwoners van Groenheuwel is bekommerd oor waardevermindering van eiendom en die moontlikheid van verhoogde misdaad wanneer die nuwe woongebied tot stand kom.

Op Maandag se vergadering is allerhande moontlikhede geopper om die stadsraad te konfronteer.

Een van hierdie was om eiendomsbelasting terug te hou en in ’n trustrekening te betaal tot tyd en wyl die Raad aandag gee aan die gemeenskap se griewe.

Die vrees is ook uitgespreek dat Spoornet die mense kan kennis gee om die grond in Drommedarisstraat te ontruim vóór die optog op 2 September.

“Dan gaan die mense plak op die grond en dan kan ons niks doen nie,” het een van die mense gesê.

“Ons moet onthou die mense is desperaat,” het November gesê en toe met ’n voorstel gekom: “As dit moet gebeur, sal ek die grond beset voordat hulle dit kan doen.”

Uit die reaksie van die gehoor was dit duidelik dat hy heelwat ondersteuning het.

Hierna het die vergadering oorgegaan op ’n aanval teen die stadsraad.

Die opmerking “Hulle moet onthou ons betaal hulle salarisse!” is met luide handeklap begroet.

Radio KC saai vanaand van 18:00 tot 20:00 ’n program uit waar die gemeenskap hul insette oor die saak kan gee.

* Residents of Groenheuwel are concerned about a new informal housing project on their doorstep.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za