Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarliete erg beseer

Paarliete erg beseer
 
2005-04-21

David Joshua

IN ‘n byna noodlottige ongeluk wat verlede Saterdagaand omstreeks 22:00 plaasgevind het in die Paarl, het ‘n egpaar ernstige beserings opgedoen.

Willy Benans en sy vrou Louveen was op pad na die middedorp, toe hul motor by die Lady Greystraat-kruising met Jan van Riebeeckweg betrokke was in ‘n botsing met die bakkie van ‘n sekuriteitsmaatskappy.

Die Benanse se nuwe motor is aan die passasierskant getref en Willy is baie ernstig beseer. Hy verkeer nog steeds in ‘n koma.
Na ‘n noodoperasie by Paarl Hospitaal om sy geskeurde milt te verwyder, is hy na Tygerberg Hospitaal oorgeplaas.

Dit blyk dat hy weens sy beserings verlam is en hy verkeer tans in ‘n kritieke toestand. Hy het onlangs as bouervoorman afgetree weens ‘n keelaandoening en swak gesondheid.

Louveen is met vier gebreekte ribbes, ‘n gebreekte regterskouer en ander inwendige beserings in die Paarl Hospitaal opgeneem.

Volgens Maryke, haar oudste dogter, sal sy sowat ses weke in die hospitaal moet bly.

Louveen se moeder, Lucy Pietersen, sê dis ‘n bestiering dat hulle kleindogter, Tamlin, nie saam in die motor was nie, want sy ry oral met haar oupa en ouma saam.

Die Benanse het drie kinders, Maryke, Laurentia en Werner.

* A Paarl couple was seriously injured in a crash on Saturday, leaving Willy Benans in a coma.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za