Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Landbou klop Oakdale oortuigend

Boland Landbou klop Oakdale oortuigend
 
2006-08-17


IN speeltoestande wat hom soos ’n handskoen gepas het, het die eerste span van Boland Landbou Saterdag sy interskole-kragmeting teen Oakdale 17-0 gewen.

Hoewel die modderige veld in die Agter-Paarl nie die gewenste vastrapplek voorsien het vir opwindende hardlooprugby nie, het die losvoorspelers van die tuisspan behoorlik in dié toestande baljaar.

Die gees van vanjaar se interskole-wedstryd is egter gedemp met die skielike heengaan van die Boland Landbou-kaptein, CG Stoumann, se pa.

Gielie Stoumann het verlede Dinsdagaand op pad terug van die skool se rugbydinee verongeluk.

Die jonge CG was egter oorgehaal om vanjaar sy span na glorie te lei in ’n wedstryd wat hy opgedra het aan sy pa.

Boland Landbou se voorspelers het die besoekers meedoënloos afgetakel in die skrums en in die los fasette ore aangesit. Hoewel dit nie ’n dag was vir agterspel nie, het die tuisspan by tye die bal pragtig hanteer en het die agterlyn, tot by die vleuels, genoeg kans gekry om die bal te dra.

Ná volgehoue druk in die eerste helfte het die losskakel, Bennie Hugo, kort voor rustyd gaan druk.

Boland het die spel oorheers, maar verskeie kanse om punte aan te teken, deur hul vingers laat glip.

In die tweede helfte was dit dieselfde storie. Met slegs tien minute oor en die telling steeds 5-0 het die damwal gebreek.

Twee pragdrieë, albei deur die kookwater-flank en speler van die wedstryd, Burger Schoeman, het Boland Landbou van ’n oortuigende oorwinning verseker.

Pieter Esterhuizen het met een doelskop geslaag.

Die o.14A en o.16A spanne het onderskeidelik 7-8 en 3-8 verloor, terwyl die o.15A en o.19B spanne 17-10 en 20-6 gewen het.

Die o.19C, o.19E en o.19F rugbyspanne van Boland Landbou is vanjaar nog onoorwonne.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za