Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hy speel vir pa

Hy speel vir pa
 
2006-08-17


DIE kaptein van Boland Landbouskool het enkele dae na sy span se skouspelagtige oorwinning Saterdag teen Oakdale, sy pa begrawe.

Boland Landbouskool is verlede week in rou gedompel kort voor hul interskole-kragmeting teen Oakdale, nadat die pa van hul rugbykaptein noodlottig verongeluk het.

Die tragedie het verlede Dinsdagaand afgespeel na ’n Landbouskool funksie by Rusticana, naby Klapmuts, waartydens die rugbyspanne en hul kapteins voorgestel is. Gielie Stoumann het sy seun CG trots bygestaan.

Gielie was later die aand op die R44 onderweg na die Paarl, waar hy en sy vrou by vriende tuisgegaan het vir die interskole.

Die dinee by Rusticana was slegs vir mans, en dus was sy vrou, Marianne, nie teenwoordig nie.

Gielie het beheer oor sy bakkie verloor waarna die voertuig in die pad gerol het. Hy is uit die wrak geslinger en is deur ’n ander voertuig getref. Hy was op slag dood.

’n Woordvoerder van Landbouskool het gesê dat Gielie ’n lojale ondersteuner van Boland Landbouskool was wat die skool in vele aspekte bygestaan het.

’n Emosionele toneel het afgespeel voor die fluitjie geblaas het, met die skool se vlae wat halfmas gewapper het en ’n minuut van stilte is gehou ter nagedagtenis aan Gielie.

Gielie was ’n prominente boer van Vredendal wat onder andere wyn gemaak het.

Die noodlot het twee maande gelede ook die Stoumann-gesin getref toe hul gestremde dertienjarige dogter oorlede is.

Gielie word oorleef deur Marianne en kinders CG (18), Tarien (20) en Jannie (17).

Die begrafnis het Maandagoggend op Vredendal plaasgevind.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za