Bloemhof bederf La Rochelle se pret
2005-03-04
DIE meisies van Hoërskool Bloemhof het Donderdag 'n stokkie gesteek voor La Rochelle se vierde agtereenvolgende oorwinning by die 4M Atletiekbyeenkoms.
Op Daljosafat was dit Bloemhof wat met 521 punte koning gekraai het, terwyl La Rochelle tweede was met 420 punte. Hoër Meisieskool Paarl (315) en Rhenish (96) was onderskeidelik derde en vierde.
Hoewel die Stellenbossers die byeenkoms gewen het, het Paarliete drie van die vier bekers ingepalm vir beste individuele prestasies.
La Rochelle se Melissa Hewitt (100m in 12,60s) en Nikki Horn (100m in 12,10s) is as die beste atlete in die o.14 en o.17 klas aangewys, terwyl Ilse Liebenberg van HMS se 5,31m in die verspring haar die beste atleet in die o.15 klas gemaak het.
Lena Lötter van Bloemhof was die beste o.19 atleet met 'n tyd van 9:40,90.
Veertien rekords het ook die aand in die slag gebly.
Vir La Rochelle het Anette de Villiers (o.19 d/g 33,68m), Melissa Hewitt (o.14 100m 12,60s en 200m 26,40s), en Nikki Horn (o.17 400m 59,10s en 200m 25,20s) nuwe rekords opgestel.
Die atlete van HMS wat hul name in die rekordboeke gekry het, is Liné Barnard (o.17 d/g 31,75m), Ilse Liebenberg (o.19 v/s 5,13m), Heleen Slabbert (o.15 400m 60,70s) en die o.15 meisies wat die 4x100m aflos in 51,80 afgelę het.
Bloemhof se rekordbrekers was Lena Lötter (o.19 3000m 9:40,00 en o.17 1500m 4:36,30), Jané Esterhuyse (o.15 s/g 36,17m), Janine Visser (o.19 200m 26,20s en 400m 58,90s).
More
News
|