Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Met gesteelde motor hof toe

Met gesteelde motor hof toe
 
2005-04-21


DRIE vermeende motordiewe het by die Paarl streekhof opgedaag in ’n gesteelde voertuig.

Marvin Claasen en twee medebeskuldiges van Mitchellsplein het verlede week in die streekhof verskyn op aanklag dat hulle ’n motor in die Paarl gesteel het.

Getuies in die verhoor het aan hofordonnanse gesê hulle moet ondersoek instel na die voertuig waarmee die drie mans by die hof opgedaag het.

Inspekteurs Dirkie Isaacs en George Koegelenberg het die inligting opgevolg en daar is vasgestel dat ook dié VW Golf gesteel is.

Intussen het insp Conway Benjamin by die klaer in die motordiefstalsaak gehoor dat daar ook ’n aanklag van intimidasie en die rig van ’n vuurwapen teen Claasen ondersoek word.

Claasen is ook tans op borgtog vir ’n saak van motordiefstal in Mitchellsplein.

Die polisie het vinnig reageer en die mans in die Hoofstraat in Suider-Paarl in hegtenis geneem. Claasen bly in aanhouding.

* Polisie soek inligting nadat ’n fietsryer op 7 Februarie op die Paryspad buite die Paarl omgestamp is. ’n Wit bakkie het om 14:30 in die fiets vasgery. Die fietsryer se linkerbeen is in die ongeluk gebreek.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za