Muurbal juniors lyk goed
2006-08-17
TWEE junior lede van die Paarl Muurbalklub het medaljes verower tydens die Strand Junior Ope-kompetisie wat onlangs gehou is.
Christoff Muller van Hoër Landbouskool Boland het ’n bronsmedalje in die afdeling vir o.19 seuns verower, terwyl Lizane Vlok (La Rochelle) goud gewen het in die o.16 meisie-afdeling.
Vlok was ook die algehele wenner in die meisiesafdeling toe sy vir Erica Hurndall (o.19) van Rhenish in die eindstryd 3-0 geklop het.
More
News
|