Bakervilel Primêr spog met landlopers in Boland-span
2006-08-17
DIE skool Bakerville Primêr op Gouda spog met 11 atlete in die Boland Landloopspan.
Monrese Joubert (m.9), Johanne van Wyk, Robyn Titus (m.10), Danielle Makriega, Pedro Goedeman, Reagan Marthinus, Angel Afrika (s.10), Frederico Jacobs (s.11), Cornelia Lewies, Jolene September, Esmerelda de Bruyn (m.12) en Piet Jantjies (reserwe, s.13) sal saam met die res van die Boland-span aan die Wes-Kaap Landloopkampioenskap deelneem wat op 26 Augustus in die Paarl gehou word.
Tydens die naweek se Boland Landloopkampioenskap wat in die Paarl gehou is, het Joubert (brons), Makriega (goud), Goedeman (silwer), Van Wyk (goud) en Titus (silwer) medaljes in hul ouderdomsgroep behaal.
Jacobs en Lewies het sesde plekke behaal.
More
News
|