Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fietsryers laat waai by Wêreld-byeenkoms

Fietsryers laat waai by Wêreld-byeenkoms
 
2006-08-17


DRIE fietsryers van die Paarl het onlangs aan die Wêreld Junior Baanfietsrykampioenskap in België deelgeneem.

Rèniell Matthysen, Marius Bester (albei van Paarl Fietsryklub) en Reginald Benjamin (Rhadsport Fietsryklub) het uitstekend gevaar deur na die eindrondes van hul onderskeie items deur te dring.

Bester het aan die 25km puntewedren deelgeneem, terwyl Matthysen in die 15km-wedren gejaag het. Albei het 16de geëindig in hul onderskeie finale.

Benjamin en Matthysen het ook aan die finaal van die Madison-wedren deelgeneem. Matthysen het egter tydens dié item geval en die span het nie die wedren voltooi nie.

Die drie Paarliete het ook 12de geëindig in die span-naelry-wedren.

* Nog ’n lid van die Paarl Fietsryklub en leerder van Hoërskool Labori, Ricker van Castricum (17), is in die SA-span opgeneem wat Sondag aan die Wêreld Bergfietskampioenskap in Nieu-Seeland gaan deelneem.

Ricker sal aan die junior afdraand-wedren deelneem. Hy het die afgelope seisoen ’n tweede en vierde plek behaal tydens die vier bene van die Suid-Afrikaanse Kampioenskap.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za