Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel Villagers stoom sonder probleme voort

Pniel Villagers stoom sonder probleme voort
 
2006-08-17


DIE manne van Pniel Villagers het hul tweede plek op die punteleer behou deur Saterdag vir Valsbaai op Constantia met 26-15 te klop.

Die besoekers het baie gou hulle voornemens vir die middag te kenne gegee deur twee vinnige drieë binne die eerste kwartier te druk.

Villagers het egter hierna laat slap lê en toegelaat dat Valsbaai terugkom in die wedstryd deur 15 onbeantwoorde punte aan te teken wat die rustydtelling op 15-14 te staan gebring het.

Tydens rustyd is daar hard gepraat in die Villagers-kringetjie en in die tweede helfte het die besoekers na ’n hoër rat oorgeskakel.

Hul inklim-spel is beloon met ’n verdere twee drieë.

Slegs goeie verdediging deur die tuisspan het verhinder dat meer punte aangeteken is.

Riaan (Wintie) Windvogel het ’n barshou gespeel en telkens die oog gevang met sy rotsvaste verdediging op regtervleuel.

Hy het ook skerp gelyk op die aanval en Villagers se eerste drie was te danke aan sy knap spel.

Vir die wenspan het Lee Blaine, Stefanus Cedras, Wesley (Boeta Maan) Arendse en Eugene Francis gedruk.

Cedras het met drie doelskoppe geslaag. Alberts is as die speler van die wedstryd aangewys.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za