Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Kavaliers deel kontrakte uit

Boland Kavaliers deel kontrakte uit
 
2006-08-17


DIE afrigtingspan van die Fidentia Boland Kavaliers het die span ietwat geskommel vir die naweek se wedstryd teen die OP Olifante in Port Elizabeth.

Die Kavaliers het in sy laaste Absa-bekerwedstryd vir die Griffons op Wellington 59-0 vernietig en was 49-14 baas oor die OP in hul vorige kragmeting op Wellington.

Twee losvoorspelers, Callie Wannenburg en Roland Reid, sal die naweek as impak-spelers gebruik word. Hulle sal voorlopig die plaasvervangerbank warm hou.

Charl Blom (skrumskakel) is terug as adjudant vir Jacques Schutte in die plek van Tewis de Bruyn.

De Bruyn speel saam met verskeie ander gekontrakteerde spelers in ’n uitnodigingswedstryd op Citrusdal teen ’n toerende Ierse span van Dundalk Rugbyklub.

Boland en die Luiperds het albei tans 22 punte. Boland is egter bo-aan die punteleer omdat hy met ’n beter punteverskil spog.

Die gereelde plaasvervanger-flank, Evert Kleynhaus, en plaasvervanger-haker Clement Lewis, is albei beseer.

Kleynhaus moet dalk ’n operasie aan sy geskeurde vingerligament ondergaan, terwyl skeurde ligamente, aan Lewis se gebreekte duim van so aard is dat hy vir die res van die seisoen buite aksie kan wees.

Die Boland Kavaliers se hoofborg, Fidentia, het die afgelope tyd hard gewoeker om die geledere van die Boland-span te versterk.

Só is die losskakel van die Cats en Goue Leeus, Nel Fourie, onlangs gekontrakteer.

Die handtekeninge van Marco Wentzel (Springbok-slot), Tewis de Bruin (Arende) en Dewey Swartbooi (Leeus) is ook deur die Boland op papier vasgepen.

Wentzel het onlangs teruggekeer van Italië waar hy vir die Treviso rugbyklub gespeel het.

Wentzel verleen ekstra diepte aan die Boland op die slot-posisie, met Piet Myburgh wat weens ’n kniebesering die res van die jaar op die krukkelys sal wees.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za