Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses United is Boland Premierliga rugbykampioen

Roses United is Boland Premierliga rugbykampioen
 
2006-08-17


ROSES UNITED is die 2006 wenners van die Boland Premierliga klubrugbykompetisie.

Roses het Saterdag verseker dat hy nie meer die seisoen op die punteleer ingehaal kan word nie, toe hy vir Wellington Rugbyklub op sy tuisveld 14-8 geklop het.

Daar is slegs twee ligawedstryde wat nog gespeel moet word en met 54 ligapunte teenoor Wellington se 40 punte wat tweede op die punteleer lê, is dit ‘n uitgemaakte saak dat Roses in September die
Boland by die nasionale klubkampioenskap op Stellenbosch sal verteenwoordig.

Dié span van Wellington is dan ook die eerste voorheen-benadeelde span wat die Boland se Premierliga-kompetisie wen.

Saterdag se wedstryd het alles opgelewer wat daar gewoonlik van ‘n derby-kragmeting verwag word.

Wellington se swaar pak voorspelers het voorlangs oorheers, maar Roses se ligter pak het nie vir hul eweknie teruggestaan nie.

Roses se vaste vyf en losvoorspelers het uitstekende saamgespeel en met goeie verdediging die tuisspan verskeie kere van hul doellyn af weg gehou.

Die besoekers se agterspel het weer eens getoon waarom hulle so hoog aangeslaan word. Goeie aanvalshoeke, beter vaardighede en rotsvaste verdediging het Roses die oorhand gegee.

Roses se eerste punte het juis gekom van slim agterlynspel.

Losskakel Danie Roman het ‘n dwarsskop gegee wat goed opgevolg
is deur die senter, Jonathan Schalkwyk, wat onder die pale gaan druk het.

Wellington se Louw Schabort (regtervleuel) het in die eerste helfte gaan druk, terwyl ‘n strafdoel deur Clive Samuels (heelagter) die tuisspan rustyd 8-7 laat voorloop het.

Wellington het in die tweede helfte met mening ingeklim om Roses van sy onoorwonne status te ontneem.

Die besoekers onder leiding van die kaptein, flank Franzel September, het egter koelkop gebly en die druk goed verwerk.

Wellington kon by drie geleenthede punte aanteken, maar swak besluitneming het hul planne in die wiele gery.

Roses se ander drie is ook deur Schalkwyk gedruk, ná goeie samespel tussen die voor- en agterspelers.

Roman en John-lee Nortjé‚ het elkeen met ‘n doelskop geslaag.
Spelers wat vir Wellington uitgeblink het, is die flanke, Frankie Horne en Morné‚ Coetzee asook die agsteman, Gerhard Gerber. Agterlangs het Samuels, Schabort en Marnus Hugo (skrumskakel) goed gespeel.

Roses speel Saterdag op Pelikaanpark teen Abbotsdale van Malmesbury, terwyl Wellington 'n loslootjie het.

Dit is die laaste tuiswedstryd van die seisoen en alle ondersteuners word gevra om die span te ondersteun.

Wellington se tweede en derde spanne het albei hul onderskeie ligas gewen, wat dui op die klub se diepte.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za