Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kosyne ratel van geraas in Paarl

Kosyne ratel van geraas in Paarl
 
2006-08-17


DOEF-DOEF is die algemene klank wat deesdae met die Hoofstraat geassosieer word (dis nou behalwe die gate waaroor almal al lankal kla).

Jy hoor die doef-doef nog lank voordat jy die motor sien aankom en nog lank nadat die motor verby is!

Ek het nou die dag langs so ‘n motor gestaan (met ‘n klein kindjie binne-in) waar die nommerplaat elke keer wanneer daardie basnote so deurkom fisies teen die motor geklap het.

Is daar nie ‘n wet teen so-iets nie? Is dit nie kindermishandeling nie? Geraasbesoedeling?

Ons arme Hoofstraat-inwoners word toenemend gebombardeer met sulke geraas dat die kosyne ratel. Voorwaar nie ‘n plesier nie! Kan ons owerhede nie iets daaraan doen nie?

Dan, groot bron van kommer: verlede week was daar groot geraas voor by Die Dros tydens Interskole (kon nie agterkom of dit was om die oorwinning te vier nie en of dit was om die sorge te verdrink nie).

Ek het Sondagoggend eenuur geskakel om te hoor wanneer hulle van plan is om op te hou? Ek is ingelig dat hulle tot halftwee gaan aanhou.

Anti-geraas


Lucas van Aswegen van die Dros reageer: Dit is die vierde jaar wat die Interskolefunksie met oorweldigende sukses aangebied is.

'n Spesiale dranklisensie moes uitgeneem word vir die twee dae en ons moes streng by die vereistes hou wat betref verkoopspunte en bedieningstye (tot 02:00).

Ons besef terdeë dat ons tydens die Interskolenaweek groot ongerief vir die omliggende inwoners veroorsaak en ons spreek groot waardering uit vir hul geduld en ondersteuning.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za