Hoekom geen waarskuwing?
2006-08-17
OP Vrydag 10 Augustus om 14:10 het ek gepoog om telefonies met ons verkeerspolisie in verbinding te tree. Ek wou ’n totale onpadwaardige voertuig op ’n openbare pad rapporteer.
Na ongeveer 30 minute se gesukkel om antwoord te kry, het ek verneem dat hulle nie aan diens is nie. Inteendeel die totale personeel is besig om Vrouedag te vier.
So de joos met “Arrive Alive” en die belastingbetaler, ons hou ons tweede openbare vakansiedag.
Die ontvangsdame het my meegedeel dat daar geen verkeersbeampte aan diens is nie en dat sy ook eers laat in kennis gestel is dat hulle ook Vrouedag vier.
Ek doen ’n beroep op die onverantwoordelike besluitmakers om te besef dat ons as die belastingbetalers ook geken moet word wanneer kantore sluit.
Is dit ’n geval dat hulle nie die amptelike openbare vakansiedag wat die President toegeken het, aanvaar nie?
Daar is fondse om partytjie te hou, maar nie om paaie reg te maak nie.
Kom nou, daar is ’n tyd en plek vir alles.
Neville Botha
More
News
|