Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Post deel van wenspan

Paarl Post deel van wenspan
 
2006-08-17


DIE Boland Koerantegroep, waarvan die Paarl Post deel is, is onlangs in Kaapstad as die toppresteerder in die Media 24 groep aangewys.

Die swierige geleentheid is deur uitgelese gaste in die banketsaal van die Arabella Sheraton in die Waterfront in Kaapstad bygewoon.

Die toekenning staan as die DP de Villiers-trofee bekend, en is vernoem na Dawid (“Lang Dawid”) de Villiers, in lewe besturende direkteur van Nasionale Pers.

Die sake-eenheid Boland Koerante het vyf jaar gelede tot stand gekom.

Behalwe die Paarl Post, bestaan Boland Koerante ook uit die Distrikspos, Eikestadnuus, Hermanus Times, Overberg Venster, Caledon Kontreinuus, Worcester Standard, Breederivier Gazette, Swartlander en Weslander.

Tydens die oorhandiging het die besturende direkteur van Media24, Hein Brand, na Boland Koerante as ‘n “wen-sake-eenheid” verwys.

Die streekbestuurder van Boland Koerante, Jan Celliers, het die trofee te midde van dawerende applous namens die groep se bestuurspan ontvang.

Die mededinging was vanjaar besonder straf, en Boland Koerante moes meeding met talle groter eenhede in Media24, wat nasionale tydskrifte en dagblaaie insluit.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za