Vyf sterf op plaaslike paaie
2006-08-24
VYF mense is die afgelope week in gru-ongelukke op plaaslike paaie dood.
Twee mans van Kaapstad hetDonderdagmiddag op die N1 tussen Klapmuts en die Paarl gesterf, toe die bestuurder van 地 Mercedes-Benz die pad verlaat het.
David Cornelius en 地 onbekende man is op slag dood en twee passasiers is met ernstige beserings na die Tygerberg Hospitaal geneem.
Vroeg Saterdagoggend is nog 地 man dood toe die motor waarin hy gery het teen 地 boom in Burgstraat, Wellington, gebots het. David Fitz van Blackheath is op die toneel dood, terwyl Gareth Solomons en Evan Pietersen van Eersterivier beseer is.
'n Voetganger, Theo Phillips is Sondagmiddag op die R44 naby Windmeul doodgery.
Maandagoggend is nog 地 voetganger doodgery in Drommedarisstraat, Mbekweni. Danusule Arnold Hlota (47) is deur 地 vragmotor van 地 boukontrakteur getref. Ooggetuies kan insp D Viljoen skakel by 868-9900 of 084-214-8558.
More
News
|