Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Picardi Village 'n unieke nuwe ontwikkeling

Picardi Village 'n unieke nuwe ontwikkeling
 
2005-04-21


SEWE pragtige huise is tans besig om te verrys in ‘n nuwe sekuriteitskompleks langs die statige KWV hoofkantoor in Suider-Paarl, bekend as Picardi Village.

Die sewe huise is in die tipiese Kaapse volksboukundige styl deur argitek Chris de Hart van Stellenbosch ontwerp, en herinner sterk aan die Paarlse argitektuur.

Dit kompleks het een toegangsbeheerde sekuriteitskuifhek aan die onderpunt in Allemanstraat. Die eenhede word gebou deur die welbekende Dempers Meesterbouers.

Die erfgroottes wissel van 306m² tot 414m² en die eenhede is onderskeidelik 243m² tot 270m² groot op vlakke.

Die grondvlak spog met ‘n hoofslaapkamer, aantrekkamer en ‘n volledige badkamer. Daar is ook ‘n oopplan sit- en eetkamer en ‘n oopplan-kombuis wat uitloop na ‘n onderdak-buitebraai by die dubbelgarage.

Op die boonste vlak is daar twee slaapkamers, ‘n volle badkamer, ‘n pragtige dek om die mooi uitsig te besigtig en ‘n aparte gastebadkamer.

Daar is slegs drie eenhede beskikbaar op ‘n gesamentlike mandaat by Homenet Caprop en Paarl Rock Properties vanaf R2 287 000.



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za