Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Weskus-blommetoer

Weskus-blommetoer
 
2006-08-24


Op Saterdag 2 September is dit weer tyd vir die ATKV Wellington se jaarlikse Weskus-blommetoer.

Die toer vertrek die oggend om 07:00 vanaf Checkers in Noorder-Paarl en 07:30 vanaf Laerskool Hugo Rust op Wellington.

Hul eerste stop is by die Swartland Wynkelder vir ’n wynproe en aanvul van wynvoorrade.

Vandaar vertrek hulle na Duckitts Orgideë Kwekery op Darling. Hier kan blomme, plante, koffie en pannekoek aangekoop word.

Dan ry hulle met die Weskuspad om te kyk na die Blommeprag van Langebaan en Saldanha.

Vir navrae en besprekings kan u Zelda de Beer by 082-048-7467 en Rieks Koorts by 082-441-5011 skakel. Kaartjies teen R120 elk is ook te koop by Vinkel en Koljander, Kerkstraat, Wellington en Musiklood in die Paarl.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za