Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wie wil 'n hand hê?

Wie wil 'n hand hê?
 
2006-08-24


OP Vrydag 1 September is daar ’n eenmalige veiling van pragtige ‘hande’ by Laborie uit die Paarl Hoofstraat.

Dit is kunstenaars se hande wat hulle hul eie unieke interpretasie gegee het en goedgunstiglik geskenk het vir fondsinsameling vir Ahos. Sommige is net onbeskaamd mooi en ander is praktiese gebruiksartikels. Sommige is ernstig en ander tong in die kies.
Athlone House of Strength (Ahos) het geld nodig vir hul vaardigheidsentrum om vroue wat die slagoffers van huishoudelike geweld is, op te hef en weer op die been te bring.

Hier gaan hulle rekenaarvaardighede, kralekuns, naaldwerk en materiaalverf leer om hulle te bemagtig en selfs hul eie geld te verdien. Kuns-tenaars kan ook betrokke raak by werkswinkels en praatjies en werkskepping is nie uitgesluit nie.

Sluit jou aan by die kunstenaars wat goedgunstiglik hulle talente beskikbaar stel en kom bie op 'n versamelstuk enig in sy soort met die wete dat jy hand uitreik na iemand en kan bydra om hulle weer op hulle voete te kan help.

Alistair Brown is die afslaer. Die Ahos-vroue gaan sorg vir gratis handemasserings en daar sal wyn en kaashappies wees.

Daar is meer as 26 kunstenaars wat hulle harte op hulle hande dra: Jeanne Hendriks, Nina van der Westhuizen, Frank Ross, Rafique Fortuin, Sandi Esau, Nicolaas Maritz, Tertia du Toit, Shany van den Berg, Jeffrey Appollis, Winnie Eaton, Tilly van Huyssteen, Liz Lacey, Jean Visser, Andre Knoesen, Selwyn Pekeur en meer.
Besigtiging is van 17:00 en die veiling van 19:00. Navrae by Trudy Oosthuizen, 082-896-9863.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za