Leer drama by Egoli-ster
2006-08-24
’n SPESIALE dramakursus vir hoërskoolleerders word op Saterdag 23 September by Hoërskool Noorder-Paarl aangebied deur Egoli-ster Brümilda van Rensburg.
Die kursus is gratis en elke hoërskool in Drakenstein kan twee leerders benoem - verkieslik leerders met drama-ervaring of -belangstelling.
Een student sal gekies word vir ’n gasrol in een episode van Egoli.
Cultivaria sal dié leerder na Johannesburg vlieg vir ’n besoek aan die Egoli-ateljees en ook die opname van die gas-episode.
Skole het tot 15 September tyd om in te skryf. Skakel Cultivaria by 872-9754.
More
News
|