Tonge los oor Tong-Innie-Kies
2006-08-24
DIE produksie Tong-innie-Kies van die BreakaLeg Dramaklub in die Paarl het tydens die onlangse Montagu Nasionale Kunstefees die trofee vir beste toneelstuk in die laerskool-afdeling gewen.
Die regie word behartig deur Sophia Passerini, aktrise, skrywer en regisseur.
Tong-innie-Kies bestaan uit agt akteurs: Christine de Reuck, Jeanne-Alex Gerber, Sume Loubser, Alyssa Passerini, Mikyla Passerini, Zandré Swartz, JP van der Westhuyzen en Minuette van Nieuwenhuyzen. Die spraak-en bewegingsprogram is ’n energieke teater- ervaring en die jong akteurs is vol verrassings. JP van der Westhuyzen en Mikyla Passerini (laerskool) asook Lejandi Burger en Francelle Venter is by die toneelfees uitgesonder vir uitmuntende spel.
By die Tygerberg Eisteddfod het die studente van BreakaLeg se harde werk en toewyding weer geseëvier toe Tong innie Kies die enigste groepprojek was wat hoogste lof ontvang het. Minuette van Nieuwenhuyzen het ook hoogste lof ontvang vir English Poetry.
Die ander groepprojekte het almal Lof ontvang: Francelle Venter, Gretchen Arendse, Evangeline Koordom, Shan-Michelle Clayton, Margot Slabbert, Franchesca Kock, Lejandi Burger, Essie Potgieter, Glemorine van Rooyen, René Pieterse, Merike Germishuys, Megan Hutton-Squire, Nadia Gava, en Louise van der Merwe.
In die ope kategorie het Wehan Burger, Giuliano Scaiola, Wendy-Lee Deysel, Carien Oosthuizen, Alicia Niehaus en Ayden Kruger almal bo 70% ontvang vir hul dramaprojekte.
Indien jy belang stel om jou dramavaardighede te verbeter en deel te wees van BreakaLeg Dramaklub, kontak Sophia gerus by 869-8150.
More
News
|