Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sendingfees

Sendingfees
 
2006-08-24


DIE Wellington Sendingfees vir alle gemeentes vind plaas van Sondag tot Woensdag by die NGK Wellington-Oos in Cummingsstraat.

Die hoofspreker is ds Fanie le Roux, leraar van die gemeente Kloofendal in Roodepoort. Hy is betrokke by World Thrust, ’n organisasie wat gemeentes mobiliseer vir sending.

Sondagoggend het elke gemeente sy eie sendingdiens, met in die NG Moedergemeente om 09:30 ’n diens oor die tema die opdrag van ’n gemeente, getiteld “Wat sal my Pa sê?”

Van Sondagaand is die feesdienste in die Wellington-Oos gemeente. Dit skop af met die plig van ’n gemeente, getiteld “Armoede en ander reuse” deur die sendeling Esther van Wijk uit die Midde-Ooste.

Maandagaand om 19:00 by die NGK Wellington-Oos handel dit oor die liefde van ’n gemeente, “Wat was die preek?”, met die sendelinge van Miqlat.

Dinsdagaand om 19:00 in die NGK Wellington-Oos bespreek die sendeling Edmund O’Ehley van Amos Agrimin die krag van ’n gemeente in “Saam is ons beter”.

Woensdagaand om 19:00 in die Wellington-Oos kerk word die prioriteite van ’n gemeente behandel in “Om die regte ding te doen”.

Tydens die byeenkomste is daar terselfdertyd ’n spesiale program vir die laerskoolkinders in die Kinderkerk-lokaal.

Die kinders gaan op ’n “reis na China” en sal elke aand die ervarings van sendelinge ondervind, Chinese kos met eetstokkies geniet, Chinese tee drink en ’n egte Chinees ontmoet.

In die loop van die week word blootstellingstoere gereël.

Woensdagaand sal belangstellendes toegerus word om iewers ’n verskil te kan maak.

Elke aand is daar ’n vrywillige kollekte by die deure om die koste te dek. Daar is ook boekverkope en uitstallings in die kerksaal, tesame met gratis tee.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za