Vonkeloggend vir vroue
2006-08-24
’n HELDERKLEURIGE vonkelwyn-laatontbyt word by die Nelson’s Creek Wynlandgoed op die Agter-Paarlpad gehou op Saterdag 9 September.
Van09:30 tot 12:30 sal die onstuitbare pretprater Elsabé Aldrich aan die woord wees.
Daarna sal ’n mode-parade onder die leiding van Jane Shönfeld plaasvind met die nuutste somermodes op die loopplank.
Die verhoogkunstenaar en sangerRory Rootenberg sal ook teenwoordig wees om sy staal te wys.
Gaste word versoek om so helder moontlik geklee te wees. Kaartjies (R180) is ten bate van Die Burger-Kersfonds.
Bespreek by Mariana van Niekerk, 083-302-5612 of e-pos custadm@mweb.co.za.
Kom geniet hierdie dag en sluit Vrouemaand op 'n sappige, bevryde manier af, nooi Elsabé
More
News
|