Charleston Hill klop Langeberg in Derby
2006-08-24
DIE eerste span van Charleston Hill Sekondêr het Vrydag sy derby-stryd teen Langeberg Sekondêr van Robertson 10-3 gewen.
Die enigste drie van die wedstryd wat op Daljosafat Stadion gespeel is, is deur die Charleston Hill-stut, Regis Daniels, gedruk.
Die losskakel, Chester Viljoen, het met die doelskop en ’n strafdoel geslaag.
Die Paarl-span se ander slot, Cheslyn Kana, is as die speler van die wedstryd aangewys.
Ander spelers wat ook ’n barshou gespeel het, is die haker, Geuden Jacobs, Brandon Allies (senter) en heelagter Chrescendo Fortuin (heelagter).
Die kaptein van die Paarl-span, Pharis Adams, het sy span goed op die veld gelei.
More
News
|