Derby-glorie vir Kylemore
2006-08-24
DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Kylemore het verlede week ’n 13-3 sege in sy derby-wedstryd oor Groendal Sekondêr behaal.
Dit was die eerste keer sedert 2002 wat Kylemore, vanjaar se gasheerspan, ’n sege in dié belangrike wedstryd kon afdwing.
Kylemore het veral in die skrums en lynstane die botoon gevoer.
Kylemore se eerste punte is in die derde minuut aangeteken toe Byron Schoeman (senter) ’n strafdoel oorgeklits het. Net voor rustyd druk die skrumskakel, Sergé Vermeulen, nadat die voorspelers mooi gedryf het vanaf ’n lynstaan sewe meter vanaf Groendal se doellyn.
Dit besorg aan Kylemore van ’n 8-0 voorsprong teen rustyd.
Groendal het in die tweede helfte sy eerste en enigste punte van die wedstryd aangeteken, nadat Jerome Bougaardt (binnesenter) met ’n strafdoel geslaag het om die telling 8-3 te maak.
Laat in die tweede helfte het Kylemore se agsteman, Melrick Thomas, ook gedruk.
More
News
|