Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Labori spog met rekord sege oor Bosmansdam

Labori spog met rekord sege oor Bosmansdam
 
2006-08-24


DIE manne van Hoërskool Labori het Saterdag ’n rekordsege behaal in hul interskole-stryd teen Hoërskool Bosmansdam.

Die gedugte Paarl-span het sewe drieë ingeryg in hul vernietigende 51-0 oorwinning op die Chéve-veld.

Die tuisspan het in die eerste vyf minute min balbesit gehad, met Bosmansdam wat dan ook eerste geleentheid kry om punte aan te teken ná ’n strafskop aan hulle toegeken is.

Die besoekers het egter die poging na die pale verbrou en dit was die laaste kans wat hulle gehad het.

Labori het met 15-man rugby alle fasette van die spel oorheers en was van voorneme om met die bal te hardloop.

Die goeie balans in die tuisspan se spel is duidelik as mens na die driedrukkers kyk, met die voor- en agterspelers wat so te sê ’n 50-50 aandeel gehad het.

Labori se kaptein en losskakel, Bernhard Taljaard was ongetwyfeld een van die span se uitblinkers. Hy het met een strafdoel, een skepdoel en vyf doelskoppe geslaag.

Die Paarliete se drieë is deur JP Oosthuizen (heelagter), Sven-Lee Prinsloo (regtervleuel), André Haughton (linkervleuel), Pieter Hamman (senter), Tiaan Gerber (stut), Martin Coetzee (slot) en Evert Carstens (flank) gedruk.

Coetzee wat ook die span se onderkaptein is, het ook ’n barshou gespeel in ’n span wat geprys moet word vir sy spel as ’n eenheid.

Die besit wat dié slot in die lynstane verseker het, asook die manier wat hy soos ’n losvoorspeler in die vaste-los gespeel het, was vir sy span van onskatbare waarde.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za