Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skoliere skitter

Skoliere skitter
 
2006-08-24


PLAASLIKE leerlinge het die Paarl se naam hoog gehou by die Eskom Streek-Expo vir Jong Wetenskaplikes op Stellenbosch.
Hulle is Philip Boyd (graad 9) van New Orleans Sekondêr en Sesethu Mphupha en Yika Nandipha (graad sewe) van Mbekweni Primêr.
Dié drie leerders is gekies om einde September saam met 18 ander leerders van die Stellenbosch-streek aan die nasionale kompetisie by die Universiteit Pretoria te gaan deelneem.
Boyd se uitstalling is die energie-verwante projek “Asymmetrical Plasma Electrolysis” (Cold Fusion) terwyl die laerskoolleerders se projek handel oor rommel.
Met 248 projekte en 383 deelnemers, was vanjaar se Stellenbosch streekskompetisie die grootste nog sedert hierdie streek sewe jaar gelede die eerste kompetisie aangebied het.
Die Instituut vir Wiskunde- en Wetenskaponderwys (IWWOUS) van die Universiteit van Stellenbosch se Departement Kurrikulumstudies in die Fakulteit Opvoedkunde, het die kompetisie vanjaar weer in samewerking met die Fakulteit Natuurwetenskappe aangebied.
Goue medaljes is aan 44 leerders toegeken, 58 het silwer ontvang en 67 het brons ontvang.
* Three local students’ science projects are to be exhibited in Pretoria.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za