Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oudstudente nou vyf-ster kokke

Oudstudente nou vyf-ster kokke
 
2006-08-24


BOLAND KOLLEGE Paarl Kampus se Gasvryheids- en Spysenieringdienste-afdeling het rede om trots te voel.

Vier van die kampus se oud-Spyseniering-studente is tans hoofsjefs van die onderskeie afdelings by die hoogaangeskrewe vyfster hotel en spa, Santé Wellness Centre buite die Paarl. Santé het in Februarie vanjaar groot nuus gemaak toe hulle die derde plek verower het in die wêreldwye Top Destination Spa-kompetisie.

Marlin le Roux, David van der Merwe en Neil Smit werk sedert 2004 by die Santé Wellness Centre en Izané Rautenbach het in 2005 by hulle aangesluit.

Marlin is die Grill Senior Chef de partie, David die Banqueting Senior Chef de partie, Izané die Pastry junior chef de partie en Neil is die Junior sous sjef.

Hierdie jong sjefs neem leiding in ‘n span van 20 sjefs wat in verskillende skofte by die hotel werk. Hulle het duidelik ‘n passie vir dit wat hulle doen en beklemtoon die noodsaaklikheid hiervan in ‘n beroep waar jy lang ure op jou voete in ‘n warm kombuis deurbring.

Vra jy hulle uit oor die mate waarin hul opleiding hul voorberei het vir hierdie uitdagende posisies, is hulle dit eens dat hul opleiding by Boland Kollege relevant, prakties en van ‘n baie hoë standaard was.

“Boland Kollege het vir my deure oopgemaak deurdat ek uitstekende opleiding teen ‘n billike prys kon ontvang in die rigting waarin ek my wou bekwaam,” sê Izané.

Marlin noem ook dat die praktiese komponent van die kursus en die feit dat studente tydens hul studies in die industrie ook moet werk, hul ‘n goeie voorsmaak gegee het van wat om in die wêreld van werk te verwag. Marlin volg in die voetspore van sy ouboet, Riaan, ook ‘n oud-student van die kollege, wat tans ‘n sjef by die bekende Table Bay Hotel in Kampsbaai is.

Intussen geniet David, Marlin, Neil en Izané die vyfster uit-daging wat met hul beroep gepaard gaan by Santé.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za