Suiwel onder loep
2006-08-24
VANJAAR is daar ‘n sterk fokus op die Suiwelbedryf by die Agri Megaweek wat vanaf 29 tot 31 Augustus in Bredasdorp plaasvind.
Op 30 Augustus vind die Kaaplandse Jersey kampioenskappe plaas, waartydens al die top diere in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap beoordeel sal word.
Die baie bekende en gewilde “Queen of the Expo” interrassuiwelskou waartydens top suiwelbeeste van verskillende rasse met mekaar kompeteer, vind ook op 30 Augustus plaas.
Die Wes-Kaapse Meester-Suiwelboerkompetisie word ook weer vanjaar by Agri Megaweek tot ‘n hoogtepunt gedryf wanneer die wenners by ‘n prestige-geleentheid bekend gemaak word. Navrae kan gerig word aan (028) 424-2890.
More
News
|